UITREIK
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand. 1:8)
Ons glo dat hierdie opdrag is aan elke lidmaat gerig. Elkeen van ons hou ‘n legkaartstukkie in die hand om as gestuurde van God te leef om daardeur geloofwaardig ‘n verskil in die lewens van alle mense te maak! Ons glo dat ons eerste verantwoordelikheid ten opsigte van ons uitreiktaak begin in elkeen van ons se eie lewens– en invloedsfere hier in Potchefstroom tot waar dit mag strek! Daarom is ons gemeentevisie dan ook: “Om te lewe as nuwe mense vir God en vir ander!”
In die uitlewing van Hand. 1:8 is ons betrokke by . . .
Potchefstroom Hospitaal Sending
VGK Promosa
CEF Helderberg
Bybelverspreiding Projek
CEF Suid-Afrika
Malawi Sending
CEF Seychelles
CEF Madagaskar
Jy kan help om die legkaart te voltooi deur jou legkaartstukkie by ons gemeente se Uitreikbediening in te pas deur gebeds- en finansiële ondersteuning van ons sendelinge en projekte, korrespondensie met ons sendelinge, op ‘n korttermynuitreik te gaan en seminare en kursusse vanaf die Uitreikbediening by te woon, soos byvoorbeeld die KONINKRYKSFOKUS seminaar. Kom sluit by ons aan om saam die wêreld te bereik!