OOR ONS
NG Grimbeekpark is geleë in Potchefstroom aan die walle van die Mooirivier. Ons lidmate is woonagtig oor die lengte en breedte van ons dorp en omgewing. Ons is 'n relatief jong gemeente met 'n sterk kinderbediening. Ons passie lê by kinderevangelisasie oor die wêreld heen. Baie van ons lidmate is entrepreneurs en werk by die NWU. Ons eredienste met sterk gemeentesang is een van ons groot fokuspunte in die gemeente. Kom maak gerus 'n draai en skakel by ons in!
Ons Visie
Om te lewe as nuwe mense vir God en vir ander.
Ons glo dat ons dit sal bereik deur 'n gemeente te wees waar mense deur egte geloofsgemeenskap met God en met mekaar toegerus word om as dissipels van Jesus ander ook dissipels van Jesus te maak.
Ons strewe is om elke mens in ons invloedsfeer te help verstaan dat hy/sy 'n gestuurde is van God en om as gestuurde te leef om daardeur geloofwaardig 'n verskil in die lewens van alle mense te maak
ALGEMENE INLIGTING
Oggenddienste:
09:00 - 10:30 (September tot April)
09:30 - 11:00 (Mei tot Augustus)
16:00 Jays en Katkisante
18:00 Bybelskool
Kantoor: 018 290 5026
Gebedslyn: 082 646 2405
Dienste beskikbaar op Youtube:
Word deel van ons Whatsapp community:
ONS SPAN
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom
Ds Marius de Beer
082 4944 058
leraar@nggrimbeek.com
Leraar
Dr Gerhard Coetzee
Pastorale Versorger
082 646 2405
Riana de Beer
Admin
018 290 5026
Nardo Conradie
Saakgelastigde
018 290 5026
Jolandi du Plessis
Jeug
018 290 5026
083 628 6172
Gemeenteraadsvoorsitter
Louis du Plessis
BYDRAES
Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.
NG Grimbeekpark
ABSA tjekrekening
Rekeningnommer: 680580022
Tak: Tomstraat, Potchefstroom
Direkte bydrae
KONTAK ONS
Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
7 SLEUTELGEWOONTES
KONTAK ONS
1
Lidmate belê hulself in opregte aanbidding.
3
Lidmate word betrek by sistematiese geestelike groei (dissipelskap).
5
Lidmate dien die noodlydendes in die gemeenskap.
7
Lidmate lewe met holistiese rentmeesterskap praktyke.
2
Lidmate ontwikkel betekenisvolle verhoudinge binne die gemeente.
4
Families is toegerus om hulself te bedien
6
Lidmate is betrokke met strategiese evangelisasie.